Professor Sabatina se wetenskapboek

Elizabeth Wasserman

Illustrasies deur Astrid Castle

(Tafelberg, 2015)

 

Sabatina Atoom meld in die voorwoord dat die boek geskryf is om kinders aan te moedig om betrokke te raak in die wetenskap, en om van jongs af soos wetenskaplikes te begin dink. Hier is die geleentheid om eksperimente te doen, probleme op te los en selfs vir ouers om betrokke te raak by hul kinders se werk.

Die verskillende hoofstukke handel oor die wetenskaplike metode, swaartekrag, temperatuur, water, magnete en elektrisiteit, lig en energie, chemiese reaksies en wetenskaplike begrippe.

Die skrywer is ‘n wetenskaplike en bekend vir haar Anna Atoom-reeks en Speurhond Willem –reeks.

Hierdie is ‘n belangrike aanvulling tot wetenskap versamelings. Die wetenskap word toegangklik gemaak en prakties gedemonstreer sodat kinders  beter sal begryp waarom dit gaan.Daar word voorsiening gemaak vir notas agter in die boek. Die eksperimente kan met bestanddele uit ‘n kombuiskas gedoen word.

‘n Pragboek saamgestel deur ‘n kenner en met die illustreerder se hulp in die versorging ook eietyds benader. Hoogs aanbeveel.  Biblioteke sal maar verlief moet neem met die plek vir notas en hoop kinders misbruik nie die leë bladsye nie! 

 

Resensie deur Lona Gericke