Older Readers

 

Speurder Kwaaikofski - Soene en sirkusse

Jürgen Banscherus

(Human & Rousseau, 2015)

 

 Speurder Kwaaikofski word besoek deur Pedro van Zampano se sirkus.  Hy het hom nodig om vas te stel waarmee sy suster Vanessa haar besig hou- dalk met iets onwettig. Met hul vertoning as die Magiese Martelli’s gooi sy kegels en  elke keer gooi sy deesdae een mis wat dan weer dadelik akkuraat uit die gehoor na haar teruggegooi word.

Kwaaikofski word vergesel deur Olga van die kiosk om ‘n vertoning by te woon waar hy miskien sal kan vassstel waarmee Vanessa besig is. Selfs bekwame speurders soos Kwaaikofski kan flaters began as dit by ‘n ondersoek kom! Gaan dit toe uiteindelik om soene – hy is juis dodelik siek nah y Olga met ‘n soen oorrreed het om hom te vergesel!

‘n Gewilde reeks, die teks is lig en humoristies, en die illustrasies help om die hele leeservaring lekker te maak. Veral die leesbare grootdruk sal beginner lesers verwelkom.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

 

Dogtective William in New York

Elizabeth Wasserman

Illustrations by Chris Venter

(Tafelberg, 2015)

 

 Dogtective William in New York is the fifth in Elizabeth Wasserman’s popular series. William is a black and white spotted spaniel who has been highly trained by the International Detective Agency. He lives with 12-year-old Alex and his parents. Amongst his extensive talents is the closely hidden secret that he is a talking dog. 

 

Together Alex and William solve crimes all over the world. In this novel Alex and William travel to New York where Fifi, a talented poodle, has been kidnapped. Her owner Felicity is a famous Broadway actress and Fifi is an integral part of her show. William and Alex must race against time to rescue Fifi and save the show.  As they hurtle around New York they discover that there is much more to the story than meets the eye.

 

Elizabeth Wasserman’s novels are fast paced, and cleverly include information about the history and geography of the places that Alex and William find themselves. In this story the reader learns about the Statue of Liberty, Ellis Island, Central Park and other interesting facts about New York, while at the same time being caught up in a fabulous adventure. This is a wonderful series, and hopefully there will be many more.

Also available in Afrikaans.

 

Review by Isabel Essery

 

Die reeks:  Modderspore met titels Mooi so, Toffie! en Kom hier Karnallie!

(LAPA, 2015)

 

Mooi so, Toffie!

Jenny Oldfield

(LAPA, 2015)

Modderspore word bestuur deur Vicki en Tessa om mense met hul troeteldiere te help. Geen problem kry hulle onder nie. Hul grootste uitdaging tans is die vulletjie Toffie wat in hul sorg gelaat word. Toffie is sonder ‘n ma, en het spesiale aandag nodig. Hulle kry egter die slegte nuus dat Toffie weggestuur gaan word om opgelei te word as ‘n resiesperd. Maar dalk sal daar iets gebeur om Toffie te laat bly.

Kom hier, Karnallie!

Jenny Oldfield

(LAPA, 2015)

 

 Modderspore se twee meisies het hier die taak om Karnallie, Lukas se Jack Russell , op te lei om deel te neem aan die plaaslike hondeskou. Lukas is die ster van ‘n gewilde seunsgroep en hulle is baie opgewonde oor die versoek.  Soos enige onopgeleide Jack Russell is Karnallie, getrou aan sy naam baie ongehoorsaam en ondeund.  Sal hulle daarin slag om hom betyds op te lei?

Die Modderspore- reeks behoort gewild te wees by jong lesers wat van diere hou en self troeteldiere het.

 

Resensies deur Lona Gericke

 

Die reeks: Professor Fungus en die… 

 

Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars

Jaco Jacobs met

Illustrasies deur Johann Strauss

(LAPA, 2015)

 

 Hierdie is die sewende titel in ‘n baie gewilde reeks vir jong lesers.  Professor Fungus se nuutste uitvindsel is die H.A.L.L.O , ‘n toestel om na lewe in die buitenste ruimte te soek en op te spoor. ‘n Vreemde vlieënde voorwerp land in hul tuin en drie ruimtewesens wat lyk soos jelliebabas verskyn. Hulle is afkomstig van die rooi planeet en gevaarlik. Hulle is mal oor suur eetgoed, en die kinders dra net aan. Maar dalk kan ‘n asyn –en –koeksodea mengsel die kinders help om van die gevaarlike figuurtjies ontslae te raak.

Dit is baie duidelik dat die skrywer dit geniet het om die verhaaltjie uit te dink, en sy entoesiasme help om die storie lekker leesbaar te maak.  Johann Strauss se illustrasies vir hierdie reeks is ongelooflik goed en met groot detail gedoen. Die resultaat is kleurvolle boeke vir lekker ontspannings lees vermaak.

Elke boek word afgesluit met ‘n eksperiment wat kinders kan doen.

 

Professor Fungus en die BreinDrein –eksperiment

 Jaco Jacobs

Illustrasies deur Johann Strauss

(LAPA, 2015)

 

Die agste titel in hierdie snaakse reeks is weer ‘n wenner!  Die tweeling word deur Professor Fungus genooi om hom te vergesel na ‘n wetenskap- ekspo waar hy ‘n belangrike prys moet ontvang.

Maar skielik begin die mense by die ekspo vreemd optree en gevries raak. Bennie dink dat die rede iets te doen het met die badkamer waaruit hulle gekom het. Hy ontdek vreemde masjiene in elke toilet.Mario Peyper noemdit sy Brein-drein eksperiment. Hy kan hiermee mense op ‘nafstand beheer en in brein zombies verander. Hoe gaan ons helde hieruit ontsnap?

Lekker leesstof met ‘n ligte aanslag wat die leeservaring moeiteloos en opwindend gaan maak. Weereens word Johann Strauss geluk gewens met sy meesterlike vertolking van die verhaal in die kleurvolle illustrasies. 

 

Resensies deur Lona Gericke  

 

My ouma is ‘n film-ster

Jaco Jacobs

Illustrasies deur Stephan Wallace

(LAPA, 2015)

JAco Jacobs het met My ouma is ‘n rock-ster  lesers gewen en die boek het reeds agt drukoplae beleef. 

Rikus se ouma is weer in die nuus. Sy is die hoofsanger van die groep OUMA, en nou gaan sy in die fliek OPSKOP te sien wees.

Sy nooi Rikus en sy vriend Puleng om ekstras in die fliek te wees. Op die stel is die twee maar bra verveeld terwyl hulle wag dat die film geskiet moet word. Skielik verskyn ‘n pienk teddiebeer langs Rikus en dreig om hom dood te maak as sy ouma nie haar rol in die fliek opgee nie.

Lekker  ligte lees-vermaak. Met Rikus kan die leser tereg opmerk dat daar nooit ‘n vervelige oomblik vir hulle is as sy ouma in die nabyheid is nie!

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Nina en die funky eksperiment

Elizbé van der Colff

 Illustrasies deur Chris Venter

(Tafelberg, 2014)

Nina se pa skryf ’n storie oor die nuwe koeldrank-fabriek op die dorp en Nina besoek die fabriek saam met haar pa. Die Professor daar is egter baie onbeskof en hulle word omtrent weggejaag. Sy neem egter ongemerk die deur se sleutel saam. Sy en haar vriendin Jes is alweer in die solder en Nina sit die pet op wat haar op buitengewone reise neem – hierdie keer land sy op ’n seun se kop en sien sy gesig is oortrek met puisies. Sy is toegespits op die atletiekbyeenkoms en wil aan die hoogspring item deelneem. By die skool is daar ’n nuwe meisie, Mirkia, en sy spring sommer baie hoër as die ander meisies. Haar boetie het ’n padda genaamd Brommels in die parkie opgetel,en met die oefening drink Jessie uit die verkeerde koeldrank-bottel en spring toe ook ewe maklik oor die dwarslat! Daar is defnitief iets in die koeldrank wat Mirkia drink. Hulle let ook op dat sy gedurig pleisters op haar gesig het wat goeters toeplak. D.m.v. die pet in die solder besoek sy die fabriek en sien hoe die professor ’n paar druppels vloeistof by die koeldrank mengsel gooi. So begin hulle nuwe avontuur ontvou; en Nina se lesers sal dit geniet om te lees hoe sy die Professor uitoorlê, en selfs daarin slaag om ’n funky eksperiment te doen met suurlemoene – ’n supa doepa borrelkoeldrank; en gelukkig ook ’n koeldrank sonder enige nadelige effekte! 

Nina en die wacky hare was die eerste boek in die reeks (Wenner van ’n ATKV-kinderboektoekenning), ’n boek wat ook op die kortlys was vir die MER-prys vir geillustreerde kinderboeke in 2013.

 

Elizbe van der Colff het ’n fyn aanvoeling vir die verbeeldingswêreld van jong lesers; sy skep geloofbare karakters wat optree en reageer soos tipiese jong nuuskierige avontuurlustige kinders wat hul omgewing ondersoek en in die skool situasies betrokke is en ’n verskil probeer maak deur self te presteer, of bose elemente wat nadelig kan impak op die skoolgroep, te ontmasker. Heerlike groot druk; Chris Venter het weereens bewys dat hy die skrywer se karakters verstaan en oortuigend kan teken. Hoogs aanbeveel vir skool, biblioteek en tuis versamelings. 

Resensie deur Lona Gericke


Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat

Theresa van Baalen

Illustrasies deur Johann Strauss

(LAPA, 2014)

In hierdie nuwe reeks vir 9+ jariges ontmoet ons die hoofkarakter Sanri Steyn , ’n meisie wat tog te graag joernalis wil word. Sy is dus nuuskierig en ondersoekend oor alles wat in haar omgewing gebeur. Stel jou voor: sy en haar vriendjie Markus sien hoe meneer Zeelie oorhaastig uit sy huis trek omdat hy die Lotto gewen het en oppad is Hawaii toe. Gedurende die nag breek daar ’n verskriklike storm uit, en die volgende oggend is daar sowaar nuwe intrekkers in die huis! Hulle sien twee kinders voor die huis daardie oggend en ontmoet Andra en Leo. Altwee het silwer hare, en die snaakste voertuig is voor die huis geparkeer. Sanri besluit sommer gou hulle nuwe intrekkers is aliens,en haar vermoede word bevestig deur die gebeure met die silwer bal. Omdat hulle twe kan swem word hul hulp ingeroep om te help om die O.G. onsigbarheidsmantel – genereerder in die water op die regte plek te plaas sodat die aarde nie vir bose ruimtewesens sigbaar is nie.

Goeie oortuigende skryfstyl. Die illustrasies deur Johann Strauss werk en moet gekomplimenteer word deur die twee boeke se pragtige omslae wat dadelik die aandag trek en Sanri duidelik vestig as hoofkarakter.


Die eerste titel in die reeks is Sanri Steyn: Doktor Zombos se geheime formule (LAPA, 2014).

Sanri en haar ma beland op die dorpie Raaiselfontein waar haar ma die nuwe skoolhoof is. Haar aandag word gou getrek deur die advertensie vir Bloepghloeps Lekkergoed – ’n fabriek . ’n Seun waarsku haar om nie die lekkers te eet wat in ’n verwelkomingsmandjie op hul stoep geplaas is nie. Sy besef gou dat die dorpsmense almal sulke dooie oë het,behalwe die seun Markus want hy is allergies vir die lekkers en eet dit nie,en die tweeling Carlo en Franco wat dit geniet om die kinders allerhande simpel dinge te maak doen wanneer hulle van die lekkers eet. Sanri is egter vasbeslote om uit te vind waarom die lekkers die mense so affekteer.

Pesoonlik het ek die tweede titel meer geniet, miskien omdat so baie van die speurstories melding maak van geheime koeldranke of formules wat mense op verskillende maniere laat reageer! Maar ek dink Sanri Steyn gaan gou ’n aanhang onder lesers geniet. Lekker onderhoudend geskryf.

Resensie deur Lona Gericke

Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Jungen Banscherus
(Human & Rousseau, 2014)

 

Olga roep Speurder Kwaaikofski se hulp in wanneer koerante voor haar kiosk daagliks verdwyn. Wanneer hy ’n man agtervolg land hy in ’n ondergrondse doolhof van tonnels en slegs die dief kan hom help om weer daar uit te kom. En wat ’n snaakse rede het die man nie om te verduidelik waarom hy die koerante steel nie! Daar het alreeds nege titels verskyn met Kwaaikofski as speurder, en veral seuns kan aanklank by die karakter vind wat so mal is oor kougom! Eeenvoudige teks, maklik leesbaar en verstaanbaar; vir beginner lesers.


Resensie deur Lona Gericke