Younger Readers

 

Rhinocephants on the roof

Marita van der Vyver

Illustrated by Dale Blankenaar

(Tafelberg, 2015)

 

Originally published in 1996 by Human and Rousseau, Marita van der Vyfer’s  gentle, compassionate and quirky story about a little boy who suffers from night fears has been given a marvellous, fresh take with Dale Blankenberg’s fabulous illustrations.

Daniel is having his first sleepover at his grandparents house and he hears noises in all sorts of places; on the roof, in the bathroom, under the bed, in the cupboard. His imagination runs riot and the monsters get progressively closer and more terrifying. I love the wonderful monster names, crocopotamus and gruraffe to name a couple!

The whole book works with the text to create a visual story. From the unusual long, thin old fashioned house to the shape of the book, to the clever cover, title page and endpapers. The illustrations are superb with different perspectives and such amazing detail.

This is a book to pour over and enjoy again and again and I look forward to sharing this book with my grandchildren. There is so much to look at in each illustration and we will enjoy following progress of the teddy bear, cat and mouse as we move through the book.

Well done to Tafelberg on producing a fabulous book of international standard.

 Also available in Afrikaans: Olinosters op die dak

Review by Kathy Madlener

 

Thank you Jackson, how one little boy makes a BIG difference

Niki and Jude Daly

(Jacana Media, 2015)

 

This is a gentle, beautiful story written by Niki Daly with lovely illustrations by Jude Daly. Jackson is an old, but faithful donkey who for years has been carrying heavy loads of vegetables to the market for an industrious farmer. They live on the farm with the farmer’s wife Beauty and their little boy Goodwill. One market morning, the farmer and his donkey are struggling up the hill, when suddenly Jackson refuses to go any further despite angry threats. Poor Jackson is just too tired and too old to carry on any more, especially with no encouragement. Goodwill sees his father and the donkey struggling, and rushes up the hill to find out what is going on. This is a beautifully written and illustrated story. Children will love following the story through the illustrations, and will easily understand what Goodwill teaches his father – the importance of respecting all living things.

 

Also available in Afrikaans, isiXhosa and isiZulu

 

Review by Isabel Essery

  

Grietjie en die baie honger leeu

Alex Smith

Afrikaans deur Jaco Jacobs

(LAPA, 2015)

 

Grietjie ontvang ‘n dringende oproep van tannie Poppie om te kom help, want sy is oortrek met kolle.

Die pad  is lank- Grietjie stap oor slapende krokodille, onderdeur kameelperde, en verby kwetterende apies, sluip tussen miershope, deur waai vir meerkatte en gaan sit in die skadu van ‘n boom om te rus.

Nou kom die geleentheid vir ons heldin om haarself te bewys, want ‘n honger leeu is reg om haar en tannie Poppie op te vreet. Wie gaan vir wie uitoorlê?!

‘n Lekker groot formaat-boek met illustrasies wat vol verbeelding en humor is. Die aanslag is modern, en jong lesers sal dit geniet om te sien watter komiese transformasie die honger leeu ondergaan, terselfdertyd is daar die subtiele les om nie kinders en tannies te wil opvreet nie! Baie lewendig en kleurvol.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Feite en geite:  Seediere

4 titles naamlik - Kan pikkewyn fitesry?; Kan 'n seekat 'n wolkekrapper klim?; Kan 'n haai gimnastiek doen?; en Kan 'n walvis maan toe swem? 

Aleksei Bitskoff

In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys

(Human & Rousseau, 2015)

 Hierdie reeks van 4 titels behoort oneindige plesier aan nuuskierige jong lesers te verskaf! Skreeusnaakse feite en geite word t.o.v elkeen van die 4 gewilde seediere in kleurvolle lagwekkende illustrasies uitgebeeld.  Die leser word direk aangespreek- wat dink jy sal gebeur as ‘n haai na ‘n waterpark gaan; tandarts toe gaan; saam met jou skool toe gaan; en nog baie ander snaakse situasies. Terselfdertyd word feite bygelas en leer die kind terwyl hy sy verbeelding kan gebruik. Feite hoef nie saai aangebied te word nie , en kan lekker wees.

Elkeen van die boeke word afgesluit met ‘n poskaart wat die haai of seekat of pikkewynen die walvis aan ‘n gesin rig met ‘n foto van die seedier soos hy werklik lyk.

Hierdie reeks van 4 titels word hoogs aanbeveel , ook vir biblioteke en skole.  Hierdie is werklik die lekkerste manier om kinders te vertel en te leer van hul gunsteling seediere. 

 

Resensie deur Lona Gericke

 

3 Titels  oor ‘n kat: My kat, die mees verspotte kat ter wêreld; Toe my kat nog klein was(2); en Nuus oor my kat(3

Gilles Bachelet

Uit Frans vertaal deur Nicol Stassen

(Protea, 2015)

 

My kat, die mees verspotte kat ter wereld

Die skrywer ,ook illustreerder, vertel deur sy humoristiese illustrasies die leser van sy kat wat baie groot, saggeaard en baie verspot is. Hy weet eintlik nie regtig watter soort kat hy het nie!

 Sy “kat” is ‘n olifant, en hy gaan voort om die leser te vermaak met humoristiese illustrasies van sy kat as hoofkarakter  onder elke denkbare situasie- besig om te eet,  rustende op enigeiets; sy toilet-maniere; as model vir ‘n skildery en met verskeie kleurvolle pelse.

Heel vermaaklik, en met ‘n sterk verbeelding aangedurf!

 

Toe my kat nog klein was:

Hier vertel die skrywer dat ‘n klein katjie entoesiasties moet wees; speel; slaap;  sonder sy baas moet kan funksioneer met bv. die hulp van ‘n nuwe speelding; of deur op ‘n wortel versot te raak!  Weereens vertel die illustrasies die verhaal oorspronklik en onderhoudend.

 

Nuus oor my kat:

Die skrywer en sy kat verhuis. Die huis is so groot soos sy kat. Hier ontmoet hy sy verloofde- sy is ‘n regte kat!  Die illustrasies hier laat die leser toe om hul verhouding mee te maak; snaakse voorbeelde van hoe sy hom was en mooimaak enin die tuin wegkruipertjie speel. 

Ek dink die skrywer het sy verbeelding vrye teuels gegee om alle denkbare situasies uit te beeld. Die boeke is in hardeband en van groot formaat; ouer kinders sal die humor waardeer.  Kleuters kan hul verdiep in die kleurvolle illustrasies.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

 

Die vallei van die windmeulens

Noelia Blanco en Valeria Docampo

In Afrikaans  uit Frans vertaal deur Nicol Stassen

Die Engelse weergawe is vertaal deur Charl J.F.Cilliers.

 

 In die vallei van die windmeulens het mense normaalweg geleef totdat die volmaakte masjiene opgedaag het en so hul hele wêreld verander het. “Dit was nie meer nodig om op ‘n verskietende ster te wag om ‘n wens te wens of ‘n droom te droom nie.

Selfs die windmeulens het ophou werk.

Anna die vallei se kleremaakster het tog nog in haar drome geglo. Sy ontmoet die Voëlma en hy vertel haar dat hy prpobeer om te vlieg sodat hy die hele wêreld kan sien.

Sy besluit om ‘n vliegkostuum vir hom te maak van die wind se hare. Toe die wind begin waai, begin die windmeulens weer werk, en so word die inwoners se wense weer versprei.

‘n Baie spesiale prenteboek wat jou verbeelding aangryp en die simboliek laat jou dink oor ‘n bestaan sonder drome gereguleer deur masjiene .   Die illustrasies is uniek en baie spesiaal. Anna wat die perdeblom pluk en in die wind laat versprei bied ‘n illustrasie wat jou betower.  

Hierdie is soos die Ruwe berg ‘n prenteboek wat hoort in versamelings waar boekliefhebbers die kunstigheid waardeer.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Die ruwe berg

Einar Turkowski

Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen

(Protea, 2015)

 

“In die land waar die kerse van onder af boontoe brand en dit uit die grond boontoe reën, is daar ‘n berg met ‘n onheilspellende naam.” Die ruwe berg verander elkeen wat dit waag om teen hom uit te klim emosioneel , fisies of intelektueel. ‘n Man besluit da thy die berg gaan aandurf. So begin die verhaal van sy tog en wedervaringe soos hy gelydelik die berg bestyg.

Hierdie is een van daardie besondere boeke wat die leser betrek, bekoor en waarna jy telkens sal terugkeer; miskien om die gelykenis van ‘n boekkunstenaar weereens te beleef, of om verdiep te raak in die meesterlike  verbeeldingryke keurige illustrasies wat jou intelektueel uitdaag en weer na detail laat kyk.

Hierdie is ‘n treffende voorbeeld van ‘n prenteboek wat kinders kan fassineer, maar veral ook volwassenes sal geniet. Absoluut ‘n kunswerk van gehalte!

 

Resensie deur Lona Gericke


Bennie Boekwurm vertel lekker stories

Louise Smit

Illustrasies deur Séan Verster

(Human & Rousseau, 2014)


Die vier stories in die boek is gebaseer op die TV-reeks wat in die tagtiger jare op SABC was.


Bennie Boekwurm is lief om vir kinders stories te lees. Hy woon diep onder die grond in Wielie-Walie-park, en die kinders moet hom wakker raas as hulle stories wil hoor. En dan soek hy gewoonlik ook nog sy bril.


Japie Apie soek sy mamma, Tokka die stoute kabouter, Mimi Mier dink diep en Die wurmpie wat nie vroeg wou opstaan nie is elkeen ’n storie waarna kleintjies lekker sal kan luister. Die temas is welbekend–’n mamma wat soek is; stoute kinders wat so lief is om blomme se koppe af te skop, een wesentjie wat verkies om te dink terwyl haar span werk, en dan die bekende wurmpie wat uiteindelik in ’n skoenlapper verander.


Louise Smit praat die taal van kinders. Hier is ’n eerlike onopgesmukte teks wat lekker lees. Die rympies is ook toepaslik en maak die leeservaring nog vroliker.


Séan Verster se lewendige, opgewekte en kleurvolle illustrasies maak regtig die boek! Ek het by hom navraag gedoen oor die prosesse wat hy volg: Met potloodtekeninge word die illustrasies eers sorgvuldig op die bladsy geplaas. Dan word dit met swart ink ingekleur. Hierna word die illustrassies geskandeer en met Photoshop ingekleur.


Die resultaat is ’n boek wat vanaf die omslag die leser aantrek en lus maak om te lees. Die diere, kinders en selfs die natuur leef en beweeg en die gesigsuitdrukkings is ongelooflik korrek in die weerspieëling van die spesifieke dier of mens se gevoelens.

   

Hierdie is sowaar ’n fees vir die oog! Goed gedaan. Vir voorlees of selflees.


Resensie deur Lona Gericke


Die coolste Ouma op aarde

Marita van der Vyver

Illustrasies deur Zinelda McDonald

(LAPA, 2014)

Wie is die person wat in elke kind se lewe naas hul ouers, en Oupa, seker die belangrikste rol speel?
Hulle ouma natuurlik!

 

En hier bring Marita van der Vyver met illustrasies deur Zinelda McDonald vir kleintjies die geleentheid om deur die teks te vertel hoe elkeen se ouma lyk. Natuurlik nie soos die oumas in storieboeke wat maar valerig vertoon naas hul eie persoonlike unieke oumas nie.


Hier kan lesers kies en keur: ’n Cool ouma wat altyd besig is; ’n dokter wat seerplekke gesond soen; ’n ouma wat hou van helder kleure; ’n rockster; ’n tuinier; ’n rosyntjie-ogies ouma lief vir bak; ’n dame”; ’n atletiese ouma; ’n ouma wat stories lees; ’n reisiger; ’n onderste-bo ouma wat joga doen; ’n ouma wat netsoos ’n storieboek-ouma lyk, maar sy is natuurlik beter want sy is die kind se eie ouma.


“’n Regte ouma is altyd cooler as ‘n storieboek-ouma”. “Druk haar styf teen jou vas en vertel haar sy’s cool.”


’n Heerlike groot formaat prenteboek met die coolste illustrasies wat die teks uitbundig en kleurvol vol beweging aanvul. Knap gedaan! Hierdie gaan ongetwyfeld ’n wenner wees.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Die geel ballon
Charlotte Dematons

(Protea, 2014)

 

Hierdie is ’n woordlose prenteboek wat jong lesers die geleentheid bied om self dit wat hulle sien te verwoord in ’n eie persoonlike ervaring. Dan is daar nog ’n blou motortjie, ’n boef, ’n fakir en ’n geel ballon wat versteek is op elke bladsy. ’n Boek om jou verbeelding in te span en self jou leeservaring onvergeetlik te maak.

 

Resensie deur Lona Gericke


 

Die grillerige toebroodjie

Gareth Edwards

Illustrasies deur Hannah Shaw

Afrikaanse vertaling deur Shane Kleyn

(Protea, 2014)

 
’n Honger ratel met ’n grommende magie verlustig hom in die heerlike toebroodjie wat ’n seuntjie in die park inbring. Maar die toebroodjie val in die sand, en ’n dogtertjie raai hom aan om dit nie te eet nie.Eekhoring gryp dit om met haar kinders te deel, hulle laat dit val in ’n visdammetjie. ’n Padda wil dit eet, maar ’n seun op ’n skaatsplank ry daaroor en toe is dit ook vir padda te grillerig. So beland die toebroodjie in al meer situsies wat hom nog meer grillerig maak en niemand stel belang om hom te eet nie! Toe ratel uiteindelik weer die toebroodjie sien omring deur slakke, is hy nog steeds rasend honger … Wat eet hy?! Toe … Natuurlik die slake, want daardietoebroodjie is nou jeenmaal te grillerig!

’n Prenteboek wat kleuters gaan vermaak want elke kind kan identifiseer met iets grillerigs wat hulle nie wou eet nie! Terselfdertyd kan die arme ratel in elke situasie opgemerk word waar hy maar net kan toesien hoe die toebroodjie waarvoor hy so lus is, al leliker begin lyk. Vrolike kinder-vriendelike illustrasies beweeglik en verbeeldingryk. Hoogs aanbeveel.

Resensie deur Lona Gericke

 

Jeff and George and the Totem Pole

Emily Child

Illustrations by Julia Anastasopoulos

(Penguin, 2014)

 

Jeff and his friend George, who is a tiny springbok, live in a small flat in Cape Town. It is winter and it has been raining for three days. Life is very dull. Jeff and George have done every fun indoor thing they can think of, but they are still bored. They look out of the window at the terrible weather and imagine what it would be like to be caught in the wind and the rain. They decide that if they are to go outside they must be prepared for anything. Jeff and George get really creative and in the process make a ‘Jeff and George Totem Pole’ out of all sorts of bits and pieces. This is a beautifully illustrated story that shows that with a little creativity rainy days don’t need to be boring. 

Review by Isabel Issery

 

Kris de Kat

Julia Donaldson
Afrikaanse vertaling deur Philip de Vos

Kris de Kat was saam met Klaas sy baas ’n straatsangers-kat. Op ’n dag word sy aandag afgetrek deur ’n wyfie kat; en terwyl hy klets met die wyfiekat word Klaas beroof en land in die hospitaal. Kris het hom gaan soek, maar toe maar by die wyfie kat se gesin ingetrek. Sal hulle weer bymekaar uitkom?!

Resensie deur Lona Gericke


Molkleintjies

David Bedford

Illustrasies deur Rosalind Beardshaw

Afrikaanse vertaling deur Shane Kleyn

(Protea, 2014)

 

Toe Mietsie vir Mario meedeel dat hul kleintjies oppad is, besluit hy om te gaan uitvind hoe ander diere hulle kleintjies gelukkig hou.Hy val hom amper disnis toe hy prober hop soos die hasies; hy aap die flarrende klein voëltjies na en val weer; ook die plassende eendjies se nabootsing laat hom in die water beland. Sy vrou herinner hom dat hul kleintjies net liefde nodig het om gelukkig te wees.

’n Mooi boodskap en die twee mol ouers is tog te oulik. 

Resensie deur Lona Gericke

 

Noko and the Kool Kats

 

Written and illustrated by Fiona Moodie

(Tafelberg, 2014)

 

Noko the Porcupine and all the other animals from the village have heard that the Kool Kats band will be playing in the Big City. Everyone imagines how exciting it must be in the city with its fancy restaurants, fashionable clothes and sparkling lights. Noko wishes they could go to the rock concert and all the animals agree. On their way home that evening, the animals come across the Kool Kats rock band’s bus which is stuck in the sand.  

 

Noko invites the band to spend the night in the village, and offers the help of Clever Monkey to fix the truck. The band is sceptical, but they are surprised by the ingenuity and resourcefulness of the community. Not only is the truck rescued, but a wonderful party is had by all. The Kool Kats realise that life doesn’t only happen in the Big City and the friends realise that life at home is perhaps more satisfying than they imagined.   

Fiona Moodie’s energetic illustrations bring the animals and the bush to life and help tell the story perfectly.

Review by Isabel Essery

 

Ons bons op die bed

 

Julia Jarman

Illustrasies deur Adrian Reynolds

Afrikaanse vertaling deur Jaco Jacobs

(LAPA, 2014)


Henk en Hestie bons op die bed. Dit lyk tog te lekker vir hul dieremaats, en een vir een sluit hulle by die twee kinders aan. Muis, Kangeroe, Tier, Sebra, Eend en Hond. Tot Olifant kom met dawerende pote by hulle aansluit. O nee! Daar bons die bed op sy rug en skiet deur die venster en vlieg deur die lug. Olifant wil nie alleen agterbly nie. Saam gaan die avontuurlustiges op ’n verbeeldingsvlug in die ruimte. Watter planet lyk die lekkerste om te besoek? Raai nou net.


’n Prenteboek wat kleintjies sal geniet want wie het nou nognie op ’n bed rondgebons nie! En wat die ervaring nog lekkerder maak is die moonlikheid dat hul heeltemaal kan ontsnap uit die werklike situasie na ’n ongelooflike avontuur.

Bonsende kinders en vrolike bonsende diere maak hierdie boek ’n lekker leeservaring.


Resensie deur Lona Gericke


 

Rower Rot

 

Julia Donaldson

Afrikaanse beryming deur Philip de Vos

(Protea, 2014)

 Rower Rot neem hasie se klawer af en eekhoring se akkers; en die miere se enkele blaar. Hy eet alles wat hy kan kry, en die diere word maerder en het erg gely.’n Eend lei hom na ’n donker grot waar sy haar suster roep . Rower Rot volg die stem van uitnodiging in die grot, en die eend vlug op sy perd. Die rower kon net eggo’s in die grot kry en werk nou as skoonmaker in koekwinkel waar hy vloere vee!

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Die snurk en die seeman 

 

Buckingham, Will

Illustrasies deur Thomas Docherty

Afrikaanse vertaling deur Shane Kleyn

(Protea, 2014) 


Die snurk bly alleen en sy hele bestaan gaan daarom om homself gelukkig te hou. Op ’n dag klop ’n seeman aan sy deur en vra of hy kan binnekom. Hy geniet die seeman se stories,maar die volgende oggend is die seeman weg en hy probeer sy bes om hom op die see in te haal. So vertrek hy op ’n reis saam met die seeman – “en dit het ’n fantastiese storie geword!” Verbeeldingryke illustrasies; ’n heerlike leeservaring!


Resensie deur Lona Gericke


Stokman

 

Julia Donaldson

Afrikaanse vertaling deur Philip de Vos

(Protea, 2014) 


Stokman gaan stap, en ’n hond sien hom aan as ’n lekker gooi stok vir ’n hond.Kinders gooi hom as ’n speelding in die water, en ’n eend sien hom aan as as lekker bougoed vir swane se neste. Wanneer hy op ’n strand beland, word hy weer gebruik as ’n mas vir ’n sandkasteel. Wanner hy in ’n kaggel gegooi word vir brandhout, help hy ’n man wat vassit in die skoorsteen. Gaan stokman by sy gesin uitkom vir Kersfees?

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Superwurm

 

Julia Donaldson

Afrikaanse beryming deur Philip de Vos

(Protea, 2014)


Superwurm is die handigste wurm om as vriend te hê, want hy kan ’n tou word om ’n paddatjie te red; ’n visserslyn wees om gogga uit ’n put te red; en selfs ’n lekker springtou word. Maar Towenaar Akkedis gee kraai die opdrag om superwurm te vang om hom te help om skatte uit die grond te grawe. Die diere besluit om Superwurm te help en gebruik ’n heuningkoek as hul wapen. En die nare akkedis land op die rommelhoop.  


Resensie deur Lona Gericke

 

Tant Bettie se broekie

 

Kara Lebihan

Illustrasies deur Deborah Allwright

Afrikaanse vertaling deur Shane Kleyn

(Protea, 2014)

Toe Tant Bettie se gunsteling broekie van die wasgoeddraad af waai, dink sy dit is die einde van haar broekie, maar dit is net die begin!

 

Dit raak verstrengel in ’n vlieër; seil oor die bou terein en dorpsplein; haak aan ’n robot vas; ’n voël vlieg daarmee weg en dit waai deur ’n klaskamer; deur ’n dieretuin en om die tuimeltrein.As mas vir ’n bootjie wen die broekie ’n kompetisie op see. ’n Windvlaag waai dit weer weg, dit beland op ’n valskerm-springer, en met die valskerm-springer se grondvat, weer by Tant Bettie.

 

Hierdie is n lekker aweregse storie en die humor sal by kinders met n humorsin byval vind. Die illustrasies het ook genoeg beweging om die aandag te hou.

 

Resensie deur Lona Gericke

 

Tjokkie

 

Julia Donaldson

Afrikaanse beryming deur Philip de Vos

(Protea, 2014)


Tjokkie die vissie is lief om groot te praat. Hy is gedurig laat vir skool, en vertel dan allerhande ongelooflike stories van die ervarings wat hy gehad het. Op ’n dag word hy in ’n net gevang. Die vissers beluit hy is te klein en gooi hom terug in die see. Hoe gaan hy weer by sy mense uitkom? Deur die storie te volg!

 

Resensie deur Lona Gericke

Zok

 

Julia Donaldson

Illustrasies deur Axel Scheffler

 Afrikaanse berymind deur Philip de Vos

(Protea, 2014)

Zok is die slimste drakie in Juffrou Skubbe se skool. Hul allereerste les is om te leer vlieg, maar Zok vlieg teen ’n boom vas. ’n Meisietjie plak ’n pleister op sy snoet.Toe hy leer brul, is hy weer totaal hees en moet die meisie weer dokter speel met peppemente vir die rasperstem. Toe hy leer om vuur te blaas, raak sy vlerk weer aan die brand.Wanneer hulle prinsessies moet vang, bied sy vrywilliglik haar dienste aan. Die ridder Boudewijn wil haar egter red, maar sy verklaar dat sy ’n dokter wil word en Boudewijn stem saam. En Zok is ook nie links met sy eie begeerte om dokter te word nie!

 

Briljante beryming deur Philip de Vos; heerlike drakie-illustrasies en groot pret.

 

Resensie deur Lona Gericke